NUMERI 28:26
NUMERI 28:26 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Op die dag wanneer julle die Fees van die Weke vier en vir die Here 'n koring-offer gee van die nuwe koring wat julle afgesny het, moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie werk op hierdie dag nie.
NUMERI 28:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
NUMERI 28:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Sewe weke na paasfees wanneer julle die fees van die weke tot eer van die Here begin vier en die graanoffer uit die nuwe oes bring, moet daar vir julle 'n gewyde byeenkoms wees, dan mag julle geen gewone werk doen nie.
NUMERI 28:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Op die dag van die eerste opbrengs van die oes, wanneer julle 'n graanoffer van die nuwe oes vir die HERE aanbied tydens julle Fees van die Weke, moet julle 'n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen gewone take verrig nie.
NUMERI 28:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ook op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring, nadat julle weke verby is, moet daar vir julle 'n heilige samekoms gehou word; julle mag geen dienswerk doen nie