Numeri 28

28
Offers wat die Israeliete elke dag moet gee
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet my offers vir My gee op die tyd wat Ek sê, die offers wat Ek moet kry. Dit is kos vir My, dit is vuur-offers, dit ruik lekker vir My.
3“Jy moet vir hulle sê hulle moet elke dag vir My hierdie vuur-offer bring: twee gesonde jaaroud ram-lammers. Dit is 'n brand-offer wat hulle elke dag moet bring. 4Julle moet een lam in die oggend offer en die ander lam wanneer dit begin donker word. 5Hulle moet saam met hierdie vuur-offer ook 'n koring-offer bring. Die koring-offers is een tiende van 'n efa van die beste meel wat julle moet meng met 'n kwart hin olyf-olie wat uit die parskuip kom. 6Dit is die brand-offer wat julle elke dag moet bring, julle doen dit vandat julle by Sinai-berg was. Dit ruik lekker vir My, die Here, dit is 'n vuur-offer vir My. 7Saam met die brand-offer moet julle ook 'n drank-offer gee. Die drank-offer is 'n kwart hin wyn wat julle vir die Here by die tempel moet uitgooi op die altaar. 8Wanneer dit begin donker word, dan moet julle die tweede lam offer saam met die koring-offer en die drank-offer, julle moet dit offer soos in die oggend. Dit is 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir My, die Here.”
Offers op die Sabbatdag
9Die Here het vir Moses gesê: “Op die Sabbatdag moet julle twee gesonde jaaroud ram-lammers offer. Julle moet dit offer saam met twee tiendes van 'n efa van die beste meel wat julle met olyf-olie moet meng, en saam met die drank-offer wat julle saam met die lammers moet offer. 10Dit is die brand-offers wat julle elke Sabbatdag moet bring, saam met die brand-offers wat julle elke dag moet bring en die drank-offers wat julle saam met die brand-offers moet bring.”
Die offers op die eerste dag van die maand
11Die Here het vir Moses gesê: “Op die eerste dag van elke maand moet julle vir die Here twee jong bulle, een skaap-ram en sewe ram-lammers gee. Dit moet gesonde diere wees. 12Saam met elke bul moet julle 'n koring-offer gee. Die koring-offer is drie tiendes van 'n efa van die beste meel wat julle moet meng met olyf-olie. Saam met die ram moet julle 'n koring-offer van twee tiendes van 'n efa van die beste meel gee wat julle moet meng met olyf-olie. 13Saam met elke lam moet julle 'n koring-offer van een tiende van 'n efa van die beste meel gee wat julle moet meng met olyf-olie. Dit is 'n brand-offer, 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. 14Die drank-offer saam met 'n bul moet 'n halwe hin wyn wees. Die drank-offer saam met 'n ram moet een derde van 'n hin wees, en die drank-offer saam met 'n lam moet 'n kwart hin wees. Dit is die brand-offer wat julle elke maand van die jaar moet bring. 15Julle moet daarmee saam ook 'n bok-ram gee om 'n sonde-offer te wees. Julle moet hierdie offers bring saam met die brand-offers wat julle elke dag moet bring en die drank-offers wat julle saam met die brand-offers moet bring.”
Die offers op die Paasfees
16Die Here het vir Moses gesê: “Op die veertiende dag van die eerste maand is dit die Paasfees vir die Here, 17en op die vyftiende dag van dieselfde maand begin die fees van sewe dae wanneer julle ongesuurde brood moet eet. 18Op die eerste dag moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie werk op daardie dag nie. 19Julle moet vir die Here 'n vuur-offer gee. Dit is 'n brand-offer van twee bulle, een skaap-ram en sewe jaaroud ram-lammers. Dit moet gesonde diere wees. 20Julle moet ook 'n koring-offer daarby gee. Julle moet van die beste meel gee wat julle met olyf-olie meng. Dit moet wees: drie tiendes van 'n efa meel saam met 'n bul, twee tiendes van 'n efa meel saam met die skaap-ram, 21en een tiende van 'n efa meel saam met elke lam. 22Julle moet ook 'n bok-ram gee om 'n sonde-offer te wees wat versoening kan doen vir julle. 23Julle moet hierdie offers bring saam met die brand-offer wat julle altyd elke oggend moet bring, 24en julle moet dit doen op elke dag van die sewe dae. Dit is 'n ete, 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Julle moet dit offer saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die drank-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring. 25Op die sewende dag moet julle weer bymekaarkom en julle moet julleself aan die Here wy. Julle mag nie werk op daardie dag nie.”
Die offers op die Fees van die Weke
26Die Here het vir Moses gesê: “Op die dag wanneer julle die Fees van die Weke vier en vir die Here 'n koring-offer gee van die nuwe koring wat julle afgesny het, moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie werk op hierdie dag nie. 27Julle moet vir die Here 'n brand-offer gee wat lekker ruik vir Hom. Die brand-offer is: twee bulle, een skaap-ram en sewe jaaroud lammers. 28Julle moet dit gee saam met die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring. Die koring-offer moet van die beste meel wees wat julle met olyf-olie moet meng. Die koring-offer is: drie tiendes van 'n efa meel saam met 'n bul, twee tiendes van 'n efa meel saam met 'n skaap-ram 29en een tiende van 'n efa meel vir elke lam. 30Julle moet ook 'n bok-ram offer om versoening te doen vir julleself. 31Julle moet elke dag 'n brand-offer en 'n koring-offer bring. Saam met hierdie offers moet julle die offers bring om versoening te doen en ook die drank-offers wat julle saam met hierdie offers moet bring. Die diere wat jy offer, moet gesond wees.”

Tans Gekies:

Numeri 28: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid