NUMERI 28:11
NUMERI 28:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Op die eerste dag van elke maand moet julle vir die Here twee jong bulle, een skaap-ram en sewe ram-lammers gee. Dit moet gesonde diere wees.
NUMERI 28:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En by die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek
NUMERI 28:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Op die eerste dag van elke maand moet julle vir die Here as brandoffer bring twee jong bulle, een ram en sewe jaaroud lammers, almal sonder liggaamsgebrek.
NUMERI 28:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Op die eerste dag van elke maand moet julle vir die HERE 'n brandoffer aanbied: twee jong bulle en een ram, asook sewe jaaroud ramlammers sonder gebrek
NUMERI 28:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan die HERE bring; twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder vlek