NUMERI 20:2-3
NUMERI 20:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Daar was nie water vir die volk nie, hulle het bymekaargekom en gekla teen Moses en Aäron. Die volk het vir Moses beskuldig. Hulle het gesê: “Ons wens ons het ook gesterf toe die Here ons familie laat sterf het.
NUMERI 20:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom. En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!
NUMERI 20:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat die volk geen drinkwater gehad het nie, het hulle saam teen Moses en Aäron rusie gemaak en gesê: “As ons maar liewer ook omgekom het toe ons volksgenote deur die Here om die lewe gebring is!
NUMERI 20:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe daar nie meer water vir die volksvergadering was nie, het hulle teen Moses en Aäron saamgespan. Die volk het Moses verwyt; hulle het gesê: “Ag, as ons maar omgekom het toe ons volksgenote voor die HERE omgekom het!
NUMERI 20:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar was geen water vir die vergadering nie, en hulle het bymekaargekom teen Moses en teen Aäron. En die volk het saam met Moses stry en gespreek en gesê: Mag ons tog maar gesterwe het toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!