NUMERI 20:16
NUMERI 20:16 Die Boodskap (DB)
Toe het ons by die Here hulp gaan soek, en Hy het ons gebede beantwoord en ’n engel gestuur om ons uit Egipte weg te lei. Op die oomblik is ons in Kades, ’n stad op die grens van u grondgebied.
NUMERI 20:16 Bybel vir almal (ABA)
Maar toe het ons tot die Here gebid en gevra dat Hy ons moet help. Die Here het gehoor en Hy het 'n engel gestuur en ons uit Egipte gebring. Ons is nou hier in Kades, 'n stad wat op die grens van jou land is.
NUMERI 20:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied.
NUMERI 20:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons het na die Here om hulp geroep en Hy het ons gebed verhoor, 'n engel gestuur en ons uit Egipte laat trek. Ons is nou in Kades, 'n stad aan die grens van u gebied.
NUMERI 20:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons het na die HERE om hulp geroep; Hy het ons hulpgeroep gehoor en 'n •engel gestuur. Hy het ons uit Egipte laat wegtrek. Kyk, ons is nou in Kades, 'n dorp op die grens van u grondgebied.