NUMERI 10:9
NUMERI 10:9 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer daar in julle land oorlog kom teen vyande wat vir julle verdruk, dan moet julle hard op die trompette blaas. Julle God die Here sal dan aan julle dink en Hy sal julle red van julle vyande.
NUMERI 10:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
NUMERI 10:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle in julle land wil gaan veg teen 'n vyand wat julle verdruk, moet julle hard op die trompette blaas. Ek, die Here julle God, sal dan op julle ag slaan en julle van julle vyande red.
NUMERI 10:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ As julle in julle land in 'n geveg betrokke raak teen 'n teenstander wat julle aanval, moet julle met die trompette 'n waarskuwingsein blaas. Dan sal julle in herinnering gebring word voor die HERE, julle God, en julle sal van julle vyande verlos word.
NUMERI 10:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as julle in julle land oorlog voer teen die vyand wat julle verdruk, moet julle alarm met die basuine blaas; en aan julle sal gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal verlos word van julle vyande.
NUMERI 10:9 Die Boodskap (DB)
Wanneer julle in julle land aankom en julle julle teen julle vyande moet verdedig, moet julle hard op hierdie trompette blaas om die volk vir oorlog op te roep. Dan sal Ek, die Here julle God, onthou dat julle my volk is en Ek sal julle van julle vyande red.