NEHEMIA 11:25
NEHEMIA 11:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wat betref die nedersettings met hulle boerderygebiede, daar het van die Judeërs in Kirjat-Arba en sy buiteposte gewoon, in Dimona en sy buiteposte, in Kabseël en die nedersettings by hom
NEHEMIA 11:25 Bybel vir almal (ABA)
Party Judeërs het gewoon in plekke naby hulle grond. Hulle het gewoon in die stad Kirjat-Arba en die dorpe daar naby, in die stad Dibon en die dorpe daar naby, in die stad Kabseël en die woonplekke daar naby
NEHEMIA 11:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe
NEHEMIA 11:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat die gehuggies met hulle landerye betref: Van die nageslag van Juda het in Kirjat-Arba en sy omliggende dorpies, in Dibon en sy omliggende dorpies en in Kabseël en sy gehuggies gewoon
NEHEMIA 11:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En vir die dorpe met hulle landerye het van die kinders van Juda gewoon in Kirjat-Arba en in sy onderhorige plekke en in Dibon en in sy onderhorige plekke en in Jekabseël en in sy dorpe