Nehemia 11

11
Inwoners van Jerusalem
1 Die leiers van die volk het hulle in Jerusalem gevestig, en die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien gesinne te bring, sodat dié in Jerusalem, die heilige stad, kon woon, en die nege ander in die dorpe. 2Die volk het al die mense wat gewillig was om in Jerusalem te woon, seën toegewens.
3Hier volg die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die dorpe van Juda het Israel, die priesters, die Leviete, die tempeldienaars en die nageslag van Salomo se dienaars, in hulle eie dorpe gewoon, elkeen op sy eiendom, 4 en in Jerusalem het sommige uit die nageslag van Juda en Benjamin gewoon.
Uit die nageslag van Juda was dit:
Ataja, seun van Ussia, seun van Sagaria, seun van Amarja, seun van Sefatja, seun van Mahalalel, uit die nageslag van Peres;
5Maäseja, seun van Barug, seun van Kol-Gose, seun van Gasaja, seun van Adaja, seun van Jojarib, seun van Sagaria, seun van Siloni.
6Al die nakomelinge van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was 468 bekwame manne.
7Dit was die nageslag van Benjamin:
Sallu, seun van Mesullam, seun van Joëd, seun van Pedaja, seun van Kolaja, seun van Maäseja, seun van Itiël, seun van Jesaja, 8en sy stamgenote Gabbai en Sallai.
Dit was 928 mense. 9Joël, seun van Sigri, was hoofleier oor hulle, en Juda, seun van Senua, was tweede in bevel oor die stad.
10Van die priesters was daar:
Jedaja, seun van Jojarib;
Jagin;
11Seraja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub, die leier oor die huis van God, 12en hulle stamgenote wat die werk gedoen het by die •tempel – 822;
Adaja, seun van Jerogam, seun van Pelalja, seun van Amsi, seun van Sagaria, seun van Pasgur, seun van Malkija, 13en sy stamgenote, die familiehoofde – 242;
Amassai, seun van Asarel, seun van Agsai, seun van Mesillemot, seun van Immer, 14en hulle stamgenote, dapper krygers – 128. Sabdiël, seun van Haggedolim, was 'n hoofleier oor hulle.
15Van die Leviete was daar:
Semaja, seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, seun van Bunni;
16Sabbetai en Josabad, van die hoofde van die Leviete, wat toesig gehou het oor die werk buite die huis van God;
17 Mattanja, seun van Miga, seun van Sabdi, seun van Asaf, die voorsanger wat die lofsang by die gebed moes aanhef;
Bakbukja, die tweede in bevel onder sy ampsgenote;
Abda, seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedoetoen.
18Die Leviete in die heilige stad was altesaam 284.
19Die poortwagte was:
Akkub en Talmon en hulle ampsgenote wat in die poorte wag gehou het – 172.
20 Dan was daar die res van Israel, die priesters, die Leviete, in al die dorpe van Juda, elkeen op sy erfdeel. 21Die tempeldienaars het gewoon op die Ofel. Siga en Gispa was in bevel van die tempeldienaars. 22Die hoofleier van die Leviete in Jerusalem was Ussi, seun van Bani, seun van Gasabja, seun van Mattanja, seun van Miga, uit die nageslag van Asaf, wat tydens die dienswerk in die huis van God moes sing. 23 Daar was immers 'n koninklike bevel in verband met hulle, 'n vaste reëling oor die sangers se daaglikse optrede.
24Petagja, seun van Mesesabel, uit die nageslag van Serag, die seun van Juda, het die koning bygestaan in enigiets wat op die volk betrekking gehad het.
25Wat die gehuggies met hulle landerye betref: Van die nageslag van Juda het in Kirjat-Arba en sy omliggende dorpies, in Dibon en sy omliggende dorpies en in Kabseël en sy gehuggies gewoon; 26ook in Jesua, Molada en Bet-Pelet, 27in Gasar-Sual en Berseba met sy omliggende dorpies, 28in Siklag en Megona met sy omliggende dorpies, 29in En-Rimmon, Sora en Jarmut, 30in Sanoag, Adullam en hulle gehuggies, in Lagis met sy landerye en in Aseka en sy omliggende dorpies. Hulle het hulle in die gebied vanaf Berseba tot by die Hinnomdal gevestig.
31Die nageslag van Benjamin het hulle gevestig vanaf Geba, in Migmas, Aja en Bet-El met sy omliggende dorpies, 32in Anatot, Nob, Ananeja, 33Gasor, Rama, Gittajim, 34Gadid, Seboïm, Neballat, 35Lod en Ono by Ghe-Hagarasjim.
36Van die afdelings van die Leviete uit Juda het in Benjamin gewoon.

Tans Gekies:

Nehemia 11: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid