MARKUS 15:4-5
MARKUS 15:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Pilatus vra toe weer vir Jesus: “Hoekom sê jy niks? Hulle beskuldig jou oor so baie dinge!” Pilatus was verbaas, want Jesus het niks meer gesê nie.
MARKUS 15:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring. Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.
MARKUS 15:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Pilatus het Hom toe verder ondervra. “Verweer jy jou glad nie?” het hy gevra. “Kyk waarvan beskuldig hulle jou alles.” Jesus het egter niks meer gesê nie, sodat Pilatus verbaas was.
MARKUS 15:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Pilatus vra Hom toe weer: “Antwoord u niks nie? Kyk hoeveel beskuldigings bring hulle teen u in!” Maar Jesus het steeds niks geantwoord nie, sodat Pilatus verwonderd was.
MARKUS 15:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? kyk hoeveel dinge hulle teen jou getuig. Maar Jesus het nog niks geantwoord nie; sodat Pilatus hom verwonder het.