MARKUS 15:37-39
MARKUS 15:37-39 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het hard geskree en Hy het gesterf. Die gordyn in die tempel het van bo tot onder geskeur. Dit was toe twee stukke. Die offisier het voor Jesus gestaan. Toe hy sien dat Jesus so gesterf het, het hy gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”
MARKUS 15:37-39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas. En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder. En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.
MARKUS 15:37-39 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het Jesus hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur. Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.”
MARKUS 15:37-39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het met 'n harde stem uitgeroep en sy asem uitgeblaas. Die voorhangsel in die heiligdom is in twee geskeur, van bo tot onder. Toe die centurio, wat reg oorkant Hom gestaan het, Hom sy asem so sien uitblaas, sê hy: “Hierdie man was werklik •Seun van God!”
MARKUS 15:37-39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en die gees opgegee. En die voorhangsel van die tempel het van bo tot onder in twee geskeur. En toe die hoofman oor honderd wat teenoor hom gestaan het, sien dat hy so uitroep en die gees opgegee het, sê hy: Waarlik, hierdie man was die Seun van God.
MARKUS 15:37-39 Die Boodskap (DB)
Al wat gebeur het, was dat Jesus hard geskree het en dood is. Net toe het die groot gordyn wat in die tempel gehang het van bo na onder in twee geskeur. ’n Bevelvoerder van die Romeinse soldate het reg voor die kruis gestaan. Hy het gehoor hoe Jesus skree en het gesien hoe Hy dood is. “Hierdie man was sowaar die Seun van God,” was al wat hy gesê het.
MARKUS 15:37-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Jesus het hard uitgeroep en sy laaste asem uitgeblaas. Daarna het die swaar gordyn in die tempel in twee geskeur, van bo tot onder. Toe die Romeinse offisier oor honderd wat reg voor Hom gestaan het, Jesus só sien sterf, was sy woorde: “Waarlikwaar, hierdie man was die Seun van God!”