MARKUS 15:32
MARKUS 15:32 Bybel vir almal (ABA)
Hy sê hy is die Christus, die Koning van Israel. Hy moet nou afklim van die kruis, sodat ons dit kan sien en kan glo!” Die twee mense wat saam met Jesus aan die kruise gehang het, het ook vir Jesus gespot.
MARKUS 15:32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
MARKUS 15:32 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat die Christus, die koning van Israel, nou van die kruis af kom, sodat ons dit kan sien en in hom glo!” Die twee wat saam met Hom gekruisig is, het Hom ook beledig.
MARKUS 15:32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo!” Ook hulle wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
MARKUS 15:32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis neerdaal, sodat ons kan sien en glo. En die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom uitgeskel.