MARKUS 11:9
MARKUS 11:9 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê: “ Prys God! Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen!
MARKUS 11:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
MARKUS 11:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!
MARKUS 11:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dié wat voor geloop het en dié wat gevolg het, het uitgeroep: “Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
MARKUS 11:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die wat vooruit gegaan het en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here