MARKUS 11:9 - Compare All Versions
MARKUS 11:9 ABA (Bybel vir almal)
Die mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê: “ Prys God! Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen!
MARKUS 11:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
MARKUS 11:9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!
MARKUS 11:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dié wat voor geloop het en dié wat gevolg het, het uitgeroep: “Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
MARKUS 11:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wat vooruit gegaan het en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here
MARKUS 11:9 DB (Die Boodskap)
Reg rondom Jesus het mense begin skree: “Hoera! Prys Hom wat in die Naam van die Here self kom.
MARKUS 11:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Met Jesus in die middel van die optog het hulle uitgeroep: “Prys God!