MARKUS 11:23
MARKUS 11:23 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur. Maar hy moenie twyfel nie. Hy moet glo dat dit sal gebeur.
MARKUS 11:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.
MARKUS 11:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gebeur, vir hom sal dit gebeur.
MARKUS 11:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
•Amen, Ek sê vir julle: Wie vir hierdie berg sê, ‘Lig jouself op en gooi jouself in die see,’ en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, gaan gebeur, vir hom sal dit gebeur.
MARKUS 11:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see; en hy sal nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur; hy sal hê wat hy ook al sê.