MARKUS 11:17
MARKUS 11:17 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het begin om vir die mense te leer en Hy het gesê in die Ou Testament is geskryf: “God het gesê: Die mense sal sê my tempel is 'n plek waar al die volke mag bid. Maar julle het dit verander, dit is nou 'n plek waar diewe bymekaarkom.”
MARKUS 11:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
MARKUS 11:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies wees’ nie? Maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.”
MARKUS 11:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het hulle geleer en gesê: “Staan daar nie geskryf nie, “ ‘My huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies genoem word’? Maar julle het daarvan 'n rowerspelonk gemaak.”
MARKUS 11:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe: My huis sal vir al die nasies 'n huis van gebed genoem word nie? maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
MARKUS 11:17 Die Boodskap (DB)
Jesus verduidelik toe vir hulle wat aangaan: “Staan daar nie in die Skrif nie: ‘Die bedoeling is dat al die mense in die wye wêreld My moet kom aanbid hier waar Ek woon’? Julle het dit egter die bymekaarkomplek van diewe en skelms gemaak.”