MIGA 7:1
MIGA 7:1 Bybel vir almal (ABA)
Dit gaan sleg met my! Dit is soos wanneer die mense die koring klaar afgesny het en die laaste druiwe gepluk het. Dan is daar nie meer druiwe of vye om te eet nie.
MIGA 7:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEE my, want ek het geword soos ná die insameling van somervrugte, soos die natrossies van die wynoes: geen tros om te eet nie, my siel begeer vroeë vye.
MIGA 7:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ellende wag vir my, ek het geword soos 'n land wat afgeoes is, soos die natrossies in die wingerd. Daar is niks om te eet nie, en ek wou graag voorvye gehad het.
MIGA 7:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee my! Soos ná die insameling van somervrugte, soos ná die oes van die druiwe, is daar geen druiwetros om te eet of vroeë vye wat ek begeer nie.
MIGA 7:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee my! want ek is soos wanneer hulle die somervrugte insamel, soos die druiwe van die oesjaar; daar is geen tros om te eet nie; my siel het die eersteryp vrugte begeer.