MATTEUS 7:9-11
MATTEUS 7:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle as ouers sal tog nie vir julle kinders as hulle brood vra, klippe gee nie. Of as hulle vis vra, vir hulle slange gee nie. As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!”
MATTEUS 7:9-11 Bybel vir almal (ABA)
'n Pa sal nooit vir sy seun 'n klip gee wanneer die seun vir hom brood vra nie. En hy sal nie vir sy seun 'n slang gee wanneer die seun vir hom 'n vis vra nie. Julle is slegte mense, maar julle weet om goeie dinge vir julle kinders te gee. Julle Vader in die hemel wil vir die mense wat dit vir Hom vra, dinge gee wat nog beter is.
MATTEUS 7:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee; en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
MATTEUS 7:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
MATTEUS 7:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wie onder julle sal, as sy seun brood vra, vir hom 'n klip gee? Of ook, as hy 'n vis vra, vir hom 'n slang gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader in die •hemele goeie dinge gee vir hulle wat Hom vra!
MATTEUS 7:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Of watter man is daar onder julle wat, as sy seun brood vra, vir hom 'n klip sal gee? Of as hy 'n vis vra, sal hy vir hom 'n slang gee? As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid?
MATTEUS 7:9-11 Die Boodskap (DB)
“Jou hemelse Vader wil net die beste dinge vir jou gee. As jy ’n pa is, behoort jy dit goed te verstaan. Jy wil mos graag net goeie dinge vir jou kinders gee, nie waar nie? As jou kind vir jou ’n stukkie brood kom vra om te eet, sal jy tog nie vir hom ’n klip gee nie. Jy sal ook nie vir hom iets slegs soos ’n slang gee as hy vis wil hê om te eet nie. Nou ja, God maak ook nie so met sy kinders nie. As julle klomp slegte mense net goeie dinge vir julle eie kinders gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader dit dan nie doen nie? Ek verseker julle: Hy sal net die beste dinge gee vir diegene wat Hom daarvoor vra.”
MATTEUS 7:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle as ouers sal tog nie vir julle kinders as hulle brood vra, klippe gee nie. Of as hulle vis vra, vir hulle slange gee nie. As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!”