MATTEUS 7:24-25
MATTEUS 7:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos 'n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het. Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit nie ineengestort nie, omdat dit stewig op rots gevestig was.
MATTEUS 7:24-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos ’n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is. Al val daar ’n stortbui, en al kom die vloedwater af, en al woed daar stormwinde teen die huis, sal dit nie inmekaarstort nie, want sy fondament is stewig op die rots vas.
MATTEUS 7:24-25 Bybel vir almal (ABA)
“Elke mens wat weet wat Ek gesê het en wat dit doen, is soos 'n wyse man wat sy huis op 'n rots gebou het. Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die winde het hard gewaai en dit het die huis geruk. Maar die huis het nie omgeval nie, want die man het sy huis op die rots gebou.
MATTEUS 7:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
MATTEUS 7:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.
MATTEUS 7:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos 'n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het. Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit nie ineengestort nie, omdat dit stewig op rots gevestig was.
MATTEUS 7:24-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n wyse man wat sy huis op 'n rots gebou het. En die reën het neergedaal, en die vloede het gekom, en die winde het gewaai en teen daardie huis geslaan; en dit het nie geval nie, want dit was op 'n rots gegrond.
MATTEUS 7:24-25 Die Boodskap (DB)
“Ek het julle nou baie dinge oor God geleer. As julle my woorde ter harte neem en dit doen, tree julle reg op. Dan is julle lewens op ’n stewige fondament gebou. Wanneer die reëns en storms oor julle losbreek, sal julle lewenshuis nooit inmekaarstort nie. Want julle lewens is gebou op die Rots wat nooit kan padgee nie.