MATTEUS 7:17-19
MATTEUS 7:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 7:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Nee, goeie bome dra goeie vrugte, en slegte bome dra slegte vrugte. 'n Goeie boom dra nie slegte vrugte nie, en 'n slegte boom dra nie goeie vrugte nie. 'n Mens kap elke boom af wat nie goeie vrugte dra nie, en jy gooi die boom in die vuur.
MATTEUS 7:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 7:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom nie goeie vrugte nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 7:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 7:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Net so dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n bedorwe boom dra slegte vrugte. 'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom kan ook nie goeie vrugte dra nie. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 7:17-19 Die Boodskap (DB)
“’n Mens se lewe is soos ’n vrugteboom: goeie vrugtebome dra goeie vrugte en slegte bome dra slegte vrugte. ’n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie en ’n slegte boom kan ook nie goeie vrugte oplewer nie. Daar wag groot probleme op alle bome wat slegte vrugte dra. Hulle word eenvoudig afgekap en in die vuur gegooi. Dus, as julle wil weet watter mense die goeie nuus verdraai, moet julle maar net gaan kyk hoe hulle leef. Hulle lewens wys watter soort vrugte hulle dra.