YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

MATTEUS 7:16

MATTEUS 7:16 Bybel vir almal (ABA)

Wanneer jy 'n boom se vrugte sien, dan weet jy watter soort boom dit is. So sal julle ook kan sien watter soort mense dit is wanneer julle sien wat hulle doen. 'n Mens pluk nie druiwe van doringbome of vye van onkruid nie.

Deel
Lees MATTEUS 7

MATTEUS 7:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

Deel
Lees MATTEUS 7

MATTEUS 7:16 Afrikaans 1983 (AFR83)

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry 'n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels?

Deel
Lees MATTEUS 7

MATTEUS 7:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken. Pluk 'n mens miskien druiwe van doringstruike of vye van dissels?

Deel
Lees MATTEUS 7

MATTEUS 7:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Pluk mense druiwe van dorings, of vye van distels?

Deel
Lees MATTEUS 7

MATTEUS 7:16 Die Boodskap (DB)

Dit is maklik om hierdie mense uit te ken. Kyk maar net hoe hulle leef. As hulle heeltyd verkeerde dinge doen, wys dit dat hulle ’n spul leuenaars is.

Deel
Lees MATTEUS 7

MATTEUS 7:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Julle sal hulle aan hulle optrede uitken, net soos ’n mens ’n boom aan sy vrugte kan uitken. ’n Mens pluk tog nie druiwetrosse van doringbosse, of vye van dissels nie.

Deel
Lees MATTEUS 7
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's