MATTEUS 3:2-3 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 3:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)
en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.”
MATTEUS 3:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
MATTEUS 3:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
deur te sê: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!” Jesaja het juis van Johannes gepraat toe hy gesê het: “Hy is ’n stem wat uitroep in die woestyn: ‘Kry die Here se pad gereed! Maak vir Hom ’n hoofweg!’”
MATTEUS 3:2-3 DB (Die Boodskap)
Johannes het vir die mense wat na hom kom luister het, gesê: “Julle lewe moet radikaal verander, want God se nuwe wêreld is op hande.” Die profeet Jesaja het ook al na Johannes verwys. Hy skryf oor hom: “Daar is ’n man in die woestyn wat hard uitroep. Hy sê: ‘Vat al die hindernisse uit die Here se pad uit. Sorg dat die pad waarop Hy moet loop gelyk en reguit is!’”
MATTEUS 3:2-3 ABA (Bybel vir almal)
Hy het gesê: “Julle moet verander en lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.” Die profeet Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het: “ Iemand skree in die woestyn en hy sê: Julle moet die pad gereedmaak vir die Here, julle moet sy paaie reguit maak.”
MATTEUS 3:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Bekeer julle, want die •koninkryk van die hemele is op hande.” Hy was immers die een van wie die profeet Jesaja gepraat het toe hy gesê het: “'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad vir die Here gereed, maak sy paaie reguit!’ ”
MATTEUS 3:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Want dit is hy van wie die profeet Jesaja gespreek het toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie gelyk.