MATTEUS 2:17-18
MATTEUS 2:17-18 Bybel vir almal (ABA)
So het gebeur wat die profeet Jeremia gesê het: “ Hulle hoor hoe die mense huil, hoe hartseer hulle is in die stad Rama. Ragel huil oor haar kinders. Die mense probeer haar troos, maar sy bly hartseer, want haar kinders is dood.”
MATTEUS 2:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe is vervul wat deur Jeremia, die profeet, gespreek is toe hy gesê het: 'n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.
MATTEUS 2:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het: “'n Gekerm word op Rama gehoor, 'n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie.”
MATTEUS 2:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe is vervul wat deur die profeet Jeremia gesê is: “'n Stem is in Rama gehoor, 'n droewige gehuil en 'n luide rouklag; Ragel huil oor haar kinders, en sy weier om vertroos te word, omdat hulle nie meer daar is nie.”
MATTEUS 2:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe is vervul wat gespreek is deur die profeet Jeremiah, deur te sê: In Rama is daar 'n stem gehoor, geween en geween en groot rou; Ragel het geween oor haar kinders en wou nie vertroos word nie, want hulle is nie.