MATTEUS 2:13
MATTEUS 2:13 Bybel vir almal (ABA)
Nadat die sterrekykers weggegaan het, het 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en vir hom gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy ma saam en vlug na Egipte. Bly daar totdat Ek vir jou sê om terug te kom, want koning Herodes wil die Kindjie doodmaak.”
MATTEUS 2:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.
MATTEUS 2:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”
MATTEUS 2:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die sterrekenners het teruggekeer, en kyk, daar het 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Maak gereed, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar tot wanneer ek jou opdrag gee; want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”
MATTEUS 2:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle weggegaan het, verskyn die engel van die Here aan Josef in 'n droom en sê: Staan op en neem die seuntjie en sy moeder en vlug na Egipte, en wees jy daar totdat Ek jou woord bring; want Herodes sal die jong kind soek om hom te vernietig.
MATTEUS 2:13 Die Boodskap (DB)
Nadat die geleerdes terug is na hulle land toe, het ’n engel van die Here in ’n droom vir Josef kom sê: “Word wakker! Vat die Kindjie en sy ma en vlug dadelik Egipte toe. Bly daar totdat jy weer van My hoor. Herodes is op soek na Jesus. Hy wil Hom doodmaak.”
MATTEUS 2:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ná die vertrek van die sterrekundiges verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: “Staan op en vlug met die Kindjie en sy ma na Egipte toe. Bly daar tot ek vir jou sê om terug te kom, want Herodes gaan die Kindjie probeer doodmaak.”