MATTEUS 2:10-11
MATTEUS 2:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Toe die sterrekykers sien die ster is daar, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan, en daar het hulle die Kindjie by Maria, sy ma, gesien. Toe het hulle gebuig en voor Hom gekniel en Hom aanbid. Daarna het die sterrekykers hulle sakke oopgemaak en hulle het presente uitgehaal en vir die Kindjie gegee. Dit was goud, wierook en mirre.
MATTEUS 2:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug. En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.
MATTEUS 2:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre.
MATTEUS 2:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle die ster sien, het hulle 'n onbeskryflike groot vreugde ervaar. Nadat hulle die huis binnegegaan het, het hulle die Kindjie by Maria, sy moeder, gesien en neergekniel en aan Hom eer bewys. Toe het hulle hulle skatte oopgemaak en vir Hom geskenke aangebied: goud, wierook en mirre.
MATTEUS 2:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe hulle die ster sien, was hulle met groot blydskap verheug. En toe hulle in die huis kom, sien hulle die kindjie saam met Maria, sy moeder, en val neer en aanbid hom; en nadat hulle hul skatte oopgemaak het, het hulle geskenke aan hom gegee; goud en wierook en mirre.
MATTEUS 2:10-11 Die Boodskap (DB)
Daaroor was hulle baie bly. Dit het stadig voor hulle uitbeweeg. Uiteindelik het die ster tot stilstand gekom bokant die plek waar Jesus en sy ouers was. Die sterrekenners het toe daar ingegaan. Toe hulle Jesus sien, het hulle dadelik op hulle knieë neergeval. Uit respek het hulle laag op die grond voor Hom gebuig. Toe maak hulle hulle bagasie oop en haal ’n klompie geskenke uit wat hulle vir Hom saamgebring het: goud, wierook en mirre.
MATTEUS 2:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Met dié dat hulle die ster sien, het ’n wonderlike blydskap oor hulle gekom. Toe hulle in die huis ingaan, sien hulle die Kindjie by Maria, sy ma, en hulle val voor Hom neer en aanbid Hom. Toe maak hulle hulle kissies met kosbaarhede oop en gee aan Hom geskenke van goud en wierook en mirre.