MATTEUS 12:42
MATTEUS 12:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — meer as Salomo is hier!
MATTEUS 12:42 Bybel vir almal (ABA)
Daardie dag wanneer God die mense sal oordeel, dan sal die koningin van die Suide ook weer lewe en sy sal by die mense wees wat nou lewe. Sy sal sê julle doen verkeerd en julle is skuldig, en God moet julle straf. Sy het baie ver uit haar land gekom om te kom luister na die wysheid van koning Salomo. En Ek sê vir julle, hier is Iemand, en dit is Ek, wat baie belangriker is as koning Salomo.”
MATTEUS 12:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo!”
MATTEUS 12:42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koningin van die Suide sal in die oordeel saam met hierdie geslag opgewek word en hulle veroordeel; want sy het van die eindes van die aarde gekom om die wysheid van Salomo aan te hoor; en waarlik, wat hier is, is groter as Salomo. ”
MATTEUS 12:42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die koningin van die Suide sal saam met hierdie geslag in die oordeel opstaan en dit veroordeel; want sy het van die eindes van die aarde af gekom om die wysheid van Salomo te hoor; en kyk, hier is 'n groter as Salomo.
MATTEUS 12:42 Die Boodskap (DB)
“Dink maar aan die koningin van Skeba wat die hele ent uit die verre Afrika gekom het om na die wyse koning Salomo te luister. En kyk, hier voor julle staan Een by wie Salomo kan gaan leer. En wat maak julle? Julle kibbel oor tekens. Julle sal sleg afsteek by die koningin van Skeba. Sy is die lewende bewys van hoe koppig julle regtig is.
MATTEUS 12:42 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die koningin van Skeba sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van ’n baie ver land gekom om na die wysheid van Salomo te kom luister. Iemand baie belangriker as Salomo is nou hier by julle; tog weier julle om na Hom te luister!