MALEAGI 2:13
MALEAGI 2:13 Bybel vir almal (ABA)
Julle doen nóg iets wat verkeerd is: Julle staan en huil by die altaar van die Here, omdat Hy nie meer julle offers wil hê nie.
MALEAGI 2:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En boonop doen julle dít: julle bedek die altaar van die HERE met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.
MALEAGI 2:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie
MALEAGI 2:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die tweede ding wat julle doen, is dat julle die altaar van die HERE met trane bedek, met 'n geween en 'n gesug, omdat Hy nie meer ag slaan op julle offers nie en dit nie gunstig aanvaar nie.
MALEAGI 2:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het julle weer gedoen deur die altaar van die HERE te bedek met trane, met geween en met geskreeu, sodat Hy die offer nie meer ag nie, of dit met welbehae uit julle hand aanneem.