LUKAS 23:40
LUKAS 23:40 Bybel vir almal (ABA)
Maar die ander skelm het gesê hy moet stilbly. Hy het gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Want hulle straf jou soos hulle vir Jesus straf.
LUKAS 23:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jý ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is?
LUKAS 23:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man!
LUKAS 23:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy nie ontsag vir God nie? Jy ondergaan per slot van rekening dieselfde straf!
LUKAS 23:40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy God nie, aangesien jy in dieselfde oordeel is?