LEVITIKUS 8:31
LEVITIKUS 8:31 Bybel vir almal (ABA)
Moses het vir Aäron en sy seuns gesê: “Julle moet die vleis gaarmaak by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en julle moet dit daar eet saam met die brood wat in die mandjie is. Die Here het vir my gesê dat Aäron en sy seuns dit moet eet.
LEVITIKUS 8:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms en eet dit daar met die brood wat in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet dit eet.
LEVITIKUS 8:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het vir Aäron en sy seuns gesê: “Kook die vleis by die ingang van die tent van ontmoeting en eet dit daar saam met die brood in die mandjie wat gebruik is by die priesterwyding, want die bevel aan my was: ‘Aäron en sy seuns moet dit eet.’
LEVITIKUS 8:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: “Kook die vleis voor die ingang van die Tent van Ontmoeting. Daar moet julle dit eet saam met die brood wat in die mandjie vir die priesterwyding is, soos wat ek beveel is, ‘Aäron en sy seuns moet dit eet’.
LEVITIKUS 8:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Moses vir Aäron en sy seuns: Kook die vleis by die ingang van die tent van samekoms, en eet dit daar saam met die brood wat in die mandjie met wydingsoffers is, soos ek beveel het deur te sê: Aäron en sy seuns moet eet Dit.
LEVITIKUS 8:31 Die Boodskap (DB)
Moses het Aäron en sy seuns toe aangesê om die res van die vleis by die ingang van die tent van ontmoeting te gaan kook en dit daar te eet saam met die brood wat uit die mandjie kom wat by hulle aanstelling gebruik is. Sy opdrag was: “Aäron en sy seuns moet dit eet.