LEVITIKUS 8:27
LEVITIKUS 8:27 Bybel vir almal (ABA)
Toe het hy alles op Aäron en sy seuns se hande gesit en hy het dit heen en weer voor die Here beweeg om 'n beweeg-offer te wees.
LEVITIKUS 8:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
LEVITIKUS 8:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het hy dit alles vir Aäron en sy seuns gegee en hulle aangesê om dit as 'n beweegoffer vir die Here aan te bied.
LEVITIKUS 8:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het dit alles op die handpalms van Aäron en die handpalms van sy seuns geplaas, en dit voor die HERE as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg.
LEVITIKUS 8:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het alles op Aäron se hande en op sy seuns se hande gelê en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.