LEVITIKUS 8:24
LEVITIKUS 8:24 Bybel vir almal (ABA)
Toe het hy die seuns van Aäron laat nader kom en hy het ook aan hulle regter-ore, regter-duime en regter-groottone bloed gesmeer. Daarna het hy die ander bloed teen die altaar gespat, hy het dit oral rondom die altaar gespat.
LEVITIKUS 8:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
LEVITIKUS 8:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het die seuns van Aäron laat naderkom en van die bloed ook aan húlle regteroorlelle, regterduime en regtergroottone gesmeer. Die res van die bloed het hy rondom teen die altaar uitgegooi.
LEVITIKUS 8:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het die seuns van Aäron ook laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlelle, hulle regterduime en regtergroottone gesmeer. Daarna het Moses die bloed reg rondom teen die altaar gesprinkel.
LEVITIKUS 8:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het die seuns van Aäron gebring, en Moses het van die bloed aan die punt van hulle regteroor en aan die duime van hulle regterhand en op die groottone van hulle regtervoet gegooi; en Moses het die bloed rondom op die altaar gesprinkel.