LEVITIKUS 8:18
LEVITIKUS 8:18 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het Moses die skaap-ram nader gebring wat 'n brand-offer moes wees, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die ram se kop gesit.
LEVITIKUS 8:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het hy die brandofferram laat aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
LEVITIKUS 8:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe is die ram vir die brandoffer nadergebring na die altaar toe. Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gesit.
LEVITIKUS 8:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het hy die ram vir die •brandoffer laat nader kom. Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
LEVITIKUS 8:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het die ram vir die brandoffer gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.