LEVITIKUS 8:16
LEVITIKUS 8:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het hy al die vet wat aan die binnegoed was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar aan die brand gesteek.
LEVITIKUS 8:16 Bybel vir almal (ABA)
Moses het al die vet geneem wat om die binnegoed was en ook die punt van die lewer en die twee niere en die vet aan die niere en hy het dit op die altaar verbrand.
LEVITIKUS 8:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierna het Moses al die vet wat aan die binnegoed sit en die punt van die lewer saam met die twee niere en die niervet op die altaar verbrand.
LEVITIKUS 8:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het al die vet aan die binnegoed, die lewerlob en die twee niere met die niervet geneem en dit op die altaar verbrand.
LEVITIKUS 8:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het al die vet geneem wat aan die binnegoed was, en die oorblyfsel bokant die lewer, en die twee niere en hulle vet, en Moses het dit op die altaar verbrand.