LEVITIKUS 7:7
LEVITIKUS 7:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die aanwysings vir die skuldoffer is dieselfde as dié vir die sondeoffer. Dit kom die priester toe wat daarmee vir iemand versoening doen.”
LEVITIKUS 7:7 Bybel vir almal (ABA)
Hulle moet dieselfde doen met die skuld-offer soos met die sonde-offer. Die priester wat versoening doen, kry dit.
LEVITIKUS 7:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle — die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.
LEVITIKUS 7:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ By die hersteloffer geld dieselfde voorskrifte as by die •reinigingsoffer: Dit kom die priester toe wat die versoening daarmee doen.
LEVITIKUS 7:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos die sondoffer is, so is die skuldoffer: daar is een wet vir hulle: die priester wat daarmee versoening doen, moet dit hê.