LEVITIKUS 7:37
LEVITIKUS 7:37 Bybel vir almal (ABA)
“Dit is wat moet gebeur met die brand-offer, die koring-offer, die sonde-offer, die skuld-offer, die offer wanneer priesters gewy word, en die ete-offer.”
LEVITIKUS 7:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer
LEVITIKUS 7:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is dan die reëlings vir die brandoffer, die graanoffer, die sondeoffer, die skuldoffer, die offers by die priesterwyding en die maaltydoffers.
LEVITIKUS 7:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die voorskrifte vir die brandoffer, die graanoffer, die reinigingsoffer, die hersteloffer, die wydingsoffer en die maaltydoffer
LEVITIKUS 7:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die wet van die brandoffer, van die spysoffer en van die sondoffer en van die skuldoffer en van die wydings en van die dankoffers
LEVITIKUS 7:37 Die Boodskap (DB)
So moet dan gemaak word met die offer wat heeltemal verbrand word, met die offer wat uit die graan uit kom, die offer wat vir die sonde gebring word, die offer wat gebring word om vir die skuld van die oortreding reg te maak, die offers wat gebring word as iemand as dienaar aangestel word by die tent van ontmoeting, en met die offers wat mense bring om hulle positiewe gesindheid teenoor die Here te wys.