LEVITIKUS 7:35
LEVITIKUS 7:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien
LEVITIKUS 7:35 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die dele wat Aäron en sy seuns moet kry van die vuur-offers van die Here. Hulle moet dit kry van die dag toe hulle gewy is om priesters van die Here te wees.
LEVITIKUS 7:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dit is die aandeel van Aäron en sy seuns aan die vuuroffers van die Here, van die dag af dat hulle as priesters vir die Here gewy is.
LEVITIKUS 7:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is aan Aäron en sy seuns toegewys uit die offergawes aan die HERE op die dag toe hulle nadergebring is om as priesters vir die HERE te dien.
LEVITIKUS 7:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is die deel van die salwing van Aäron en van die salwing van sy seuns, uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle gebring het om die HERE te dien in die priesteramp