LEVITIKUS 7:18
LEVITIKUS 7:18 Bybel vir almal (ABA)
As iemand op die derde dag van die vleis eet, dan sal die Here nie die offer aanvaar nie. Dit sal wees soos wanneer die persoon nie 'n offer gebring het nie. Die Here sal dit haat, en Hy sal die persoon straf wat die vleis eet.
LEVITIKUS 7:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; 'n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.
LEVITIKUS 7:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
As daar tog op die derde dag van die maaltydoffervleis geëet word, word dit nie meer as offer aanvaar nie en tel dit nie in die guns van die offeraar nie. Die offervleis is dan onrein, en wie daarvan eet, is skuldig.
LEVITIKUS 7:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As daar wel van die vleis van die maaltydoffer op die derde dag geëet word, sal die persoon wat die offer bring, nie aanvaar word nie. Dit sal nie in sy guns tel nie. Dit is iets walgliks en die persoon wat daarvan eet, sal sy skuld moet dra.
LEVITIKUS 7:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as iets van die vleis van sy dankoffer enigsins op die derde dag geëet word, sal dit nie behaaglik wees nie, en dit mag nie toegereken word aan die een wat dit offer nie: dit sal 'n gruwel wees, en die siel wat eet daarvan sal sy ongeregtigheid dra.
LEVITIKUS 7:18 Die Boodskap (DB)
As daar wel nog van die vleis van die offer oorbly op die derde dag en dan geëet word, sal dit nie meer deurgaan as ’n offer vir die Here nie. Dit sal nie langer by die Here in daardie persoon se guns tel nie. Dit sal as slegte vleis gesien word. Iemand wat ook nog daarvan eet, oortree teen die bevele van die Here.
LEVITIKUS 7:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As enige vleis van die maaltydoffer op die derde dag geëet word, sal die HERE dit nie aanvaar nie. Dit sal geen waarde as ’n offer hê nie en dit sal ook nie in die guns tel van die een wat die offer gebring het nie. Op daardie stadium sal die vleis al sleg wees en as jy dit eet, sal jy verantwoording moet doen vir jou sonde.