LEVITIKUS 22:9
LEVITIKUS 22:9 Bybel vir almal (ABA)
Die priesters moet aanhou om te doen wat Ek wil hê, sodat hulle nie skuldig word en sterf omdat hulle die tempel ontwy het nie. Ek is die Here, Ek het hulle gewy.
LEVITIKUS 22:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.
LEVITIKUS 22:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die priesters moet my bevel gehoorsaam en nie sondig nie. Hulle sal sterf as hulle die gewyde gawes ontwy. Ek, die Here, heilig die priesters.
LEVITIKUS 22:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die priesters moet die verpligtinge nakom wat Ek oplê. Hulle moet nie skuld op hulle laai en sterf omdat hulle die heilige gawes ontheilig het nie. Ek, die HERE, heilig hulle.
LEVITIKUS 22:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle moet dan my verordening onderhou, sodat hulle nie daarvoor sonde dra en daarom sterwe as hulle dit ontheilig nie; Ek, die HERE, heilig hulle.