LEVITIKUS 22:20
LEVITIKUS 22:20 Bybel vir almal (ABA)
Maar as die dier nie gesond is nie, dan moet julle dit nie offer nie, want die Here sal dit nie aanvaar nie.
LEVITIKUS 22:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle mag nie iets bring waar 'n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie ten goede kom nie.
LEVITIKUS 22:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geen dier wat 'n liggaamlike tekortkoming het, mag geoffer word nie, want die Here sal dit nie van julle aanneem nie.
LEVITIKUS 22:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geen dier met 'n liggaamsgebrek mag julle bring nie, want dit sal nie tot julle voordeel strek nie.
LEVITIKUS 22:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar alles wat 'n gebrek het, mag julle nie offer nie, want dit sal julle nie aanneemlik wees nie.