LEVITIKUS 22:12
LEVITIKUS 22:12 Bybel vir almal (ABA)
'n Priester se dogter wat getroud is met 'n man wat nie 'n priester is nie, mag nie eet van die offers wat gewyde presente is nie.
LEVITIKUS 22:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as die dogter van 'n priester aan 'n vreemde behoort, mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.
LEVITIKUS 22:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer 'n priester se dogter trou met iemand wat nie lid is van die priesterfamilie nie, mag sy nie langer van die gewyde gawes eet nie.
LEVITIKUS 22:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer die dogter van 'n priester met 'n onbevoegde persoon getroud is, mag sy nie meer van die •wydingsgeskenk van heilige gawes eet nie.
LEVITIKUS 22:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die dogter van die priester ook met 'n vreemdeling getroud is, mag sy nie van 'n offer van die heilige gawes eet nie.