LEVITIKUS 20:15-16
LEVITIKUS 20:15-16 Bybel vir almal (ABA)
“En 'n man wat seks het met 'n dier, moet sterf. Hy moet sterf, en julle moet die dier ook doodmaak. En as 'n vrou seks het met 'n dier, dan moet julle die vrou én die dier doodmaak. Hulle moet sterf, hulle is skuldig.
LEVITIKUS 20:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n dier, moet hy sekerlik gedood word, en die dier moet julle doodslaan. En as 'n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
LEVITIKUS 20:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“'n Man wat met 'n dier geslagsgemeenskap het, moet doodgemaak word, en die dier ook. 'n Vrou wat met 'n dier geslagsgemeenskap het, moet doodgemaak word, en die dier ook. Sulke mense moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.
LEVITIKUS 20:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As daar 'n man is wat met 'n dier geslagsgemeenskap het, moet hy beslis sterf en die dier moet julle doodmaak. As daar 'n vrou is wat na enige dier gaan om daarmee te paar, moet die vrou en die dier doodgemaak word. Hulle moet beslis sterf. Hulle bloedskuld is op hulle.
LEVITIKUS 20:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as iemand met 'n dier gemeenskap het, moet hy sekerlik gedood word; en julle moet die dier doodmaak. En as 'n vrou na 'n dier nader en daarop gaan lê, moet jy die vrou en die dier doodmaak; hulle moet sekerlik gedood word; hulle bloed sal op hulle wees.
LEVITIKUS 20:15-16 Die Boodskap (DB)
’n Man wat seks het met ’n dier moet doodgemaak word en die dier moet doodgeslaan word. As ’n vrou met ’n dier verkeer, moet sy en die dier doodgemaak word.