LEVITIKUS 19:33-34
LEVITIKUS 19:33-34 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer 'n vreemdeling by julle in die land woon, dan mag julle hom nie laat swaarkry nie. Die vreemdeling moet vir julle wees soos 'n Israeliet, jy moet lief wees vir hom soos jy lief is vir jouself, want julle was ook vreemdelinge in die land Egipte. Ek is julle God die Here.
LEVITIKUS 19:33-34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
LEVITIKUS 19:33-34 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer daar 'n vreemdeling by julle in julle land woon, mag julle hom nie onderdruk nie. Julle moet hom soos 'n medeburger behandel en hom liefhê soos julleself. Julle was immers self ook vreemdelinge in Egipte. Ek is die Here julle God.
LEVITIKUS 19:33-34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Wanneer 'n vreemdeling by jou verblyf het in julle land, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat verblyf by julle het, moet vir julle net soos 'n gebore Israeliet by julle wees. Jy moet vir hom lief wees soos vir jouself. Julle was immers self vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
LEVITIKUS 19:33-34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie kwel nie. Maar die vreemdeling wat by jou woon, sal vir jou wees soos een wat onder jou gebore is, en jy moet hom liefhê soos jouself; want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.