LEVITIKUS 18:17
LEVITIKUS 18:17 Bybel vir almal (ABA)
Jy mag nie seks hê met 'n vrou én met haar dogter nie. Jy mag ook nie trou met 'n kleindogter van daardie vrou nie, jy sal skande bring oor die vrou se naam. Dit is haar kleindogter, dit sal sleg wees as jy met haar kleindogter trou.
LEVITIKUS 18:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.
LEVITIKUS 18:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie gemeenskap hê met 'n vrou en met haar dogter nie. Jy mag die vrou nie die skande aandoen dat jy met 'n kleindogter van haar trou nie. Hulle is haar nageslag en dit sal 'n afstootlike daad wees.
LEVITIKUS 18:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die naaktheid van 'n vrou en haar dogter mag jy nie ontbloot nie. Die dogter van jou vrou se seun en die dogter van haar dogter mag jy nie as vrou neem om haar naaktheid te ontbloot nie. Hulle is haar bloedverwante. Dit sou 'n skanddaad wees.
LEVITIKUS 18:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie, en jy mag haar seun se dogter of haar dogter se dogter nie neem om haar skaamte te ontbloot nie; want hulle is haar naaste bloedverwante: dit is boosheid.
LEVITIKUS 18:17 Die Boodskap (DB)
Jy mag nie tegelyk ’n seksuele verhouding hê met ’n vrou en haar dogter of haar kleindogter nie, of dit nou aan haar seun of haar dogter se kant is. Hulle is haar bloedfamilie. Dit is lelik om so iets te doen.