LEVITIKUS 12:6
LEVITIKUS 12:6 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer die tyd verby is en sy is weer rein, dan moet sy 'n jaaroud lam bring om 'n brand-offer te wees en 'n makduif of 'n tortelduif om 'n sonde-offer te wees. Sy moet dit na die priester toe bring by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
LEVITIKUS 12:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as die dae van haar reiniging in die geval van 'n seun of 'n dogter verby is, moet sy 'n jaaroud lam as brandoffer en 'n jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe
LEVITIKUS 12:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
As sy in die geval van 'n seun of dogter die bepaalde aantal dae gewag het, moet sy 'n jaaroud lam as brandoffer en 'n tortelduif of enige ander duif as sondeoffer neem na die priester toe wat diens doen by die ingang van die tent van ontmoeting.
LEVITIKUS 12:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Wanneer die dae van haar reiniging verby is – of sy nou aan 'n seun of aan 'n dogter geboorte geskenk het – moet sy 'n jaar oue lam as •brandoffer en 'n jong duif of tortelduif as •reinigingsoffer na die priester by die ingang van die •Tent van Ontmoeting bring.
LEVITIKUS 12:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as die dae van haar reiniging vervul is, vir 'n seun of vir 'n dogter, moet sy 'n jaaroud lam as brandoffer en 'n jong duif of 'n tortelduif as sondoffer na die deur bring van die tent van samekoms, aan die priester.
LEVITIKUS 12:6 Die Boodskap (DB)
Wanneer hierdie tyd van afsondering verby is, of dit vir ’n seun of vir ’n dogter is, gaan sy na die dienaar by die ingang van die tent van ontmoeting en gee vir hom ’n lam wat ’n jaar oud is om vir haar te offer op die altaar en ’n gewone duif of tortelduif om vir haar sonde te offer.