LEVITIKUS 12:1-4 - Compare All Versions

LEVITIKUS 12:1-4 ABA (Bybel vir almal)

Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer 'n vrou swanger word en sy kry 'n seun, dan sal sy sewe dae lank onrein wees. Dit sal wees soos wanneer sy menstrueer. Sy moet die seuntjie laat besny op die agste dag. Wanneer sy opgehou het om te bloei, dan moet sy nog 33 dae lank wag om heeltemal rein te word. In hierdie tyd mag sy nie raak aan iets wat gewyd is nie en sy mag nie in die gewyde plek kom nie.

LEVITIKUS 12:1-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n vrou swanger word en 'n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees. En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word. Dan moet sy drie-en-dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.

LEVITIKUS 12:1-4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Wanneer 'n vrou 'n seun in die wêreld bring, is sy onrein, soos wanneer sy menstrueer, 'n week lank. Op die agste dag moet die seuntjie besny word. Daarna moet sy nog drie en dertig dae wag om seker te wees dat die bloedvloeiing opklaar. Voordat dié tydperk om is, mag sy aan niks raak wat gewyd is nie en ook nie in die heiligdom ingaan nie.

LEVITIKUS 12:1-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE het met Moses gepraat en gesê: “Praat met die Israeliete en sê, ‘Wanneer 'n vrou swanger is en aan 'n seun geboorte gee, sal sy sewe dae lank •onrein wees. Sy sal onrein wees soos gedurende haar menstruasie. Op die agtste dag moet die seun se voorhuid besny word. Drie-en-dertig dae lank moet sy vanweë die bloeding vir reiniging tuis bly. Totdat die dae van haar reiniging verby is, mag sy nie aan enigiets wat heilig is, raak nie en mag sy glad nie na die heiligdom gaan nie.

LEVITIKUS 12:1-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: As 'n vrou swanger geword het en 'n man gebore het, dan sal sy sewe dae lank onrein wees; volgens die dae van die skeiding vanweë haar krankheid moet sy onrein wees. En op die agtste dag moet die vlees van sy voorhuid besny word. En sy moet dan drie en dertig dae in die bloed van haar reiniging bly; sy mag geen heiligdom aanraak nie en in die heiligdom kom nie, totdat die dae van haar reiniging vervul is.

LEVITIKUS 12:1-4 DB (Die Boodskap)

Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Wanneer ’n vrou ’n baba verwag en ’n seun in die wêreld bring, mag sy vir ’n week lank nie by my tent kom nie. Dit is net soos wanneer sy menstrueer en haarself vir sewe dae eenkant moet hou. Op die agtste dag moet die seuntjie besny word. Daarna volg nog ’n verdere tyd van 33 dae. Totdat daardie tyd verby is, mag sy aan niks vat wat vir die Here eenkant gesit is nie. Sy mag ook nie na die tent toe gaan waar Ek aanbid word nie.

LEVITIKUS 12:1-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE het vir Moses gesê: “Gee hierdie instruksies aan die Israeliete: Wanneer ’n vrou swanger word en geboorte skenk aan ’n seun, sal sy vir sewe dae onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Op die agtste dag moet die seuntjie besny word. Daarna moet die vrou vir nog 33 dae wag totdat sy ophou bloei ná die geboorte. Gedurende die tyd van suiwering mag sy aan niks raak wat heilig is nie. Sy mag ook nie na die heiligdom toe gaan totdat die tyd van suiwering verby is nie.