LEVITIKUS 11:42
LEVITIKUS 11:42 Bybel vir almal (ABA)
Julle mag nie raak aan die diertjies wat op hulle pens seil of wat op pote loop of wat baie pote het nie. Julle mag nie raak aan een van al hierdie baie diertjies nie, julle mag hulle nie eet nie.
LEVITIKUS 11:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alles wat op die buik seil en alles wat op vier pote loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel — julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel.
LEVITIKUS 11:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
of hulle nou seil of op vier pote loop of baie pote het, julle mag nie een van hulle eet nie, want dit is verbode.
LEVITIKUS 11:42 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Van alles wat op die pens seil, van alles wat op vier pote beweeg – ook dié wat baie pote het – ja, van alles wat op die grond kruip, mag julle nie eet nie, want hulle is beslis vir julle afstootlik.
LEVITIKUS 11:42 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Alles wat op die maag gaan, en alles wat op al vier loop, of enigiets wat meer voete het onder al die kruipende diere wat op die aarde kruip, dit mag julle nie eet nie; want hulle is 'n gruwel.