LEVITIKUS 11:34
LEVITIKUS 11:34 Bybel vir almal (ABA)
As daar water in die kleipot was en die water kom op kos, dan sal die kos onrein wees. As daar iets in die kruik was wat 'n mens kan drink, dan sal dit onrein wees
LEVITIKUS 11:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink kan word, sal onrein wees.
LEVITIKUS 11:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
want enige kos waarby water uit so 'n pot gegooi is, is onrein, en enige vloeistof uit so 'n pot is onrein.
LEVITIKUS 11:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Enige kos wat nog geëet kan word en waarop water uit so 'n pot gegooi word, is onrein. Ook enige vloeistof in so 'n pot, wat gedrink kan word, is onrein.
LEVITIKUS 11:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Van al die vleis wat geëet mag word, wat op sulke water kom, sal onrein wees; en al die drank wat in so 'n voorwerp gedrink mag word, sal onrein wees.