LEVITIKUS 11:10
LEVITIKUS 11:10 Bybel vir almal (ABA)
Maar as die diere wat in die see en in die riviere is, nie vinne en skubbe het nie, dan mag julle niks eet van hulle nie, niks van al die baie klein diertjies wat in die water lewe nie.
LEVITIKUS 11:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is — 'n gruwel is dit vir julle.
LEVITIKUS 11:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar enige ding wat in die water lewe en nie vinne en skubbe het nie, is vir julle verbode.
LEVITIKUS 11:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar alles in die oseane of in waterstrome wat nie vinne of skubbe het nie – van alles wat krioel in water en van enige lewende wese wat in water hou – dit moet vir julle beslis afstootlik wees.
LEVITIKUS 11:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En almal wat nie vinne en skubbe het in die see en in die riviere nie, van alles wat in die water beweeg, en van al die lewende wesens wat in die water is, hulle sal vir julle 'n gruwel wees.