KLAAGLIEDERE 4:11
KLAAGLIEDERE 4:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Here was kwaad, Hy het nie opgehou om hulle te straf nie. Hy het 'n vuur aangesteek in Jerusalem, en die hele stad het verbrand.
KLAAGLIEDERE 4:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kaf. Die HERE het sy grimmigheid laat uitwoed, sy toorngloed uitgegiet en in Sion 'n vuur aangesteek wat die fondamente daarvan verteer het.
KLAAGLIEDERE 4:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het aan sy gramskap vrye teuels gegee, Hy het sy toorn uitgegiet, Hy het in Sion 'n vuur aangesteek wat hom tot op sy fondamente verteer het.