KLAAGLIEDERE 3:47 - Compare All Versions
KLAAGLIEDERE 3:47 ABA (Bybel vir almal)
Ons het bang geword, dit voel of ons in 'n gat geval het. Ons is alleen en ons is stukkend.
KLAAGLIEDERE 3:47 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
skrik en kuil het ons deel geword, ondergang en verbreking.
KLAAGLIEDERE 3:47 AFR83 (Afrikaans 1983)
angs en benoudheid het oor ons gekom, verlatenheid en verwoesting.
KLAAGLIEDERE 3:47 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Angs en afgrond het ons lot geword, verwoesting en ineenstorting.
KLAAGLIEDERE 3:47 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vrees en 'n strik kom oor ons, verwoesting en verwoesting.
KLAAGLIEDERE 3:47 DB (Die Boodskap)
Ons is bang en vasgekeer. Ons is verwoes en eenkant gegooi.”
KLAAGLIEDERE 3:47 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ons is bang. Ons sit vasgehok. Ons is verwoes en eenkant toe gegooi.”