JONA 2:3-7
JONA 2:3-7 Bybel vir almal (ABA)
U het my in die diep water gegooi, in die diepste plek van die see. Daar was water bo-oor my. U het groot branders gestuur, en die water het oor my gespoel. Ek het gedink U het my weggegooi, U wil my nie meer sien nie. Maar ek sal weer u gewyde tempel sien. Die water het my toegemaak, die see was oral rondom my, daar was seegras om my kop. Ek het afgesak tot by die voet van die berge, diep onder in die see. Die aarde het my daar toegesluit, hy wou my altyd daar hou. Maar U, my God die Here, het my gered uit die dood. “Ek was swak en amper dood, maar toe het ek aan U gedink, Here. Ek het tot U gebid in u gewyde tempel.
JONA 2:3-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God! Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.
JONA 2:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan. Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai. Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered. Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel.
JONA 2:3-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U het my in die diepte gegooi, in die hart van die oseane. Seestrome het my omring, al u golwe en branders het oor my gespoel. “ Ek self het gedink, ek is weggewerp, onder u oë uit. Maar ek sal weer u •heilige •tempel sien! Water het my tot aan my keel omsluit, •oerwater het my omring; seewier het my kop omstrengel. Na die basis van die berge het ek afgesak; die aarde – haar sluitbalke was vir altyd toe agter my. “Maar tog het U my lewe uit die grafkuil opgetrek, HERE my God! Terwyl die lewe uit my vloei, het ek net aan die HERE gedink. My gebed het U in u heilige tempel bereik.
JONA 2:3-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want U het my in die diepte gewerp, in die middel van die see; en die strome het my omsingel: al jou golwe en jou golwe het oor my getrek. Toe sê ek: Ek is van u aangesig weggewerp; tog sal ek weer na u heilige tempel kyk. Die waters het my omsingel, tot in die siel: die diepte het my rondom toegesluit, die onkruid was om my kop gewikkel. Ek het afgegaan na die bodem van die berge; die aarde met sy grendels was om my vir ewig; tog het U my lewe van verganklikheid laat opstaan, HERE my God! Toe my siel in my beswyk het, het ek aan die HERE gedink, en my gebed het tot U ingekom, in u heilige tempel.
JONA 2:3-7 Die Boodskap (DB)
U het my in die diepte van die see laat gooi, ek het gesink tot onder op die bodem van die see. Daar was waterstrome reg rondom my, een brander na die ander het oor my gebreek. Ek het gedink ek is van U afgesny, ek sal nooit weer by u tempel kan kom nie. Reg rondom my was daar water, die water het my vasgevang, seegras het om my kop vasgedraai. Ek het gesink tot waar die fondamente van die berge is, ek het afgesak tot waar die hekke vir altyd agter jou toegaan wanneer jy in die plek van die dooies ingaan. Maar U het my van daaronder opgetrek terug na die lewe toe, Here my God. Toe ek heeltemal uitgeput was, het ek aan die Here gedink, my gebed het opgestyg tot waar U in u blyplek is.
JONA 2:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In die diepte van die oseaan het U my gegooi. Ek het tot in die hart van die see gesink. Strome het rondom my gekolk. U het golf na golf oor my laat spoel. Ek het gesê: ‘Uit u teenwoordigheid het U my verdryf. Hoe sal ek ooit weer u heilige tempel sien?’ “Water het my verswelg, die diepwaters het my omring. Seegras was om my kop gedraai. Ek het afgesak tot waar die berge begin. Ek was afgesluit van die lewe, vasgevang in die land van die dooies. Maar U, HERE my God, het my gered uit die oop kake van die dood! “Toe ek alle hoop verloor het, het ek weer aan die HERE gedink. In u heilige tempel het U my gebed gehoor.