Jona 2:3-7

Jona 2:3-7 AFR20

U het my in die diepte gegooi, in die hart van die oseane. Seestrome het my omring, al u golwe en branders het oor my gespoel. “ Ek self het gedink, ek is weggewerp, onder u oë uit. Maar ek sal weer u •heilige •tempel sien! Water het my tot aan my keel omsluit, •oerwater het my omring; seewier het my kop omstrengel. Na die basis van die berge het ek afgesak; die aarde – haar sluitbalke was vir altyd toe agter my. “Maar tog het U my lewe uit die grafkuil opgetrek, HERE my God! Terwyl die lewe uit my vloei, het ek net aan die HERE gedink. My gebed het U in u heilige tempel bereik.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jona 2:3-7